Huis van Restorasie Vroue Bedieninge

Visie:
Om ’n dinamiese gemeenskap van vroue te wees wat deur die krag van Christus herstel, bemagtig en toegerus word om geestelik, emosioneel en prakties te groei.
Ons streef daarna om ’n veilige ruimte te skep waar elke vrou haar roeping ontdek, haar gawes ontwikkel en ’n lig van hoop en genesing in haar gesin, kerk en gemeenskap te wees.

Missie:
Ons missie is om vroue deur die Woord van God te herstel, te bemagtig en toe te rus met geestelike, emosionele en praktiese vaardighede.

Ons skep ’n veilige en ondersteunende gemeenskap waar elke vrou haar identiteit in Christus ontdek, haar gawes ontwikkel en ’n lig van hoop en genesing in gesin, kerk en gemeenskap kan wees.

Vroue in die Bybel  
Lesse oor ‘n vrou van die Bybel wat jou sal aanmoedig en koester terwyl jy ontdek dat Bybelse waarheid vir jou dieselfde is as wat dit vir haar was.